Reuse pampoene in Suid-Afrika
You are not logged in.
Visit our website: www.pampoen.co.za for more info on growing giant pumpkins.
Johan
Administrator
|
Join Date: Aug 2006
Location: Stellenbosch
Posts: 83
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
Kompetisiedag - 15 Maart 2008
Verlede naweek het ons jaarlikse "weigh-in" op Pniel plaasgevind. Wat die inweeg spesiaal gemaak het vanjaar was dat daar meer inskrywings was as in enige reuse pampoenkompetisie ooit tevore in Suid-Afrika. Daar was 44 deelnemers met altesaam 61 reuse pampoene onder hulle. Dit was egter te danke aan Shoprite Checkers se groot advertensie veldtog verlede jaar.
Ek het nie heeltemal geweet wat om te verwag by die inweeg dag nie (het nie 'n idee gehad wat Shoprite Checkers beplan het nie). Was verstom toe ek sien dat hulle 'n mini karnaval gereel het - met stalletjies en optredes deur bekende gaskunstenaars. Selfs Soli Philander was daar as seremoniemeester.
Aansluiting by die GPC
Nou laat ek eers die storie vertel van hoe ek probeer het om ons Pniel "weigh-off" 'n offisiële "GPC weigh-off site" te maak. GPC staan vir Great Pumpkin Commonwealth. Hulle reguleer die sport van reuse pampoen groei wêreldwyd - en elke weigh-off site se resultate sal slegs deur hulle erken word as jou klub aan hulle behoort - en julle aan hul reëls voldoen. Hulle vereis ook dat hul GPC banier op die kompetisie dag vertoon word - en dat die wenner en sy wenpampoen met die banier afgeneem word.
Die GPC het toe vir ons die banier gestuur vanaf Amerika - maar dit het ongelukkig nie betyds hier aangekom nie. Hulle het laat weet dat ons dan maar moet probeer om ons eie banier aanmekaar te slaan. Gelukkig het ek 'n goeie kwaliteit weergawe van die logo beskikbaar gehad - en toe die res van die ontwerp in Paintshop gedoen en na ons plaaslike drukkers in Stellenbosch - Willscreens - gestuur, wat dit baie netjies op kartonbord kon druk.
My GPC banier ontwerp
Dit maak nou die Pniel weigh-off die enigste GPC weigh-off site in Afrika - en een van slegs 10 ander GPC weigh-off sites buite Amerika en Kanada.
Resultate
Vanjaar het ons van 'n gesertifiseerde skaal gebruik gemaak - soos die GPC vereis. Vorige jare het ons een van daai skale gebruik waar jy die gewigte pak tot die skaal balanseer - wat ook redelik akkuraat was.
Alle aandag was natuurlik op Drikus Kleinhans se pampoen wat hy al die pad van Sasolburg gebring het. Dit was sonder twyfel die grootste pampoen ooit op Suid-Afrikaanse bodem - en ook in Afrika. Gelukkig was daar 'n vurkhyser om die pampoen op die skaal te laai - anders sou ons maar gesukkel het! Sy inweeg gewig was toe 'n ongelooflike 379.5kg - 'n nuwe (en offisiële) Suid-Afrikaanse rekord. Ek dink Drikus het dalk gehoop om die 400kg grens verby te steek - maar met sy lang reis vanaf Sasolburg het die pampoen natuurlik heelwat vog verloor. Baie geluk Drikus! Hopelik volgende keer word daai 400kg grens gebreek.
Drikus se pampoen op sy bakkie - oppad om geweeg te word
Vurkhyser - met amper 'n halwe ton van pampoen. Ek is net bly daai toue het nie gebreek nie!
Hier is die top 20 resultate van verlede week se Pniel weigh-off:
1. Drikus Kleinhans (Sasolburg) 379.5kg
2. Billy Griffiths (Hopefield) 250.0kg
3. Alta Goosen (Stellenbosch) 202.5kg
4. Pieter Diener (Stellenbosch) 200.0kg
5. Gert Van Deventer (Montagu) 179.0kg
6. Gert Van Deventer (Montagu) 162.5kg
7. Mario Williams (Kylemore) 144.0kg
7. Grewe Coetzee (Villiersdorp) 144.0kg
9. Arthur Wilding (Groot Drakenstein) 141.5kg
10. Bennie Arnolds (Stellenbosch) 139.5kg
11. Johan Du Plessis (Worcester) 137.5kg
12. Gys Du Toit (Ceres) 131.5kg
13. Frikkie Joubert (Worcester) 116.5kg
14. Madre de Koker (Ceres) 108.0kg
15. Madre de Koker (Ceres) 102.0kg
16. Marina Potgieter (Ceres) 98.0kg
17. Jan Jooste (Stellenbosch) 93.0kg
18. Bertus Steyn (P.A. Hamlet) 92.5kg
19. Phillips Van Der Watt (Paarl) 86.5kg
20. Freddie Simpson (Pniel) 85.5kg
Lees ook gerus die volgende artikel op Shoprite Checkers se webwerf:
http://www.shopriteholdings.co.za/pages … ounced.asp
Sien Billy se webwerf vir nog foto's.
0
Johan
Administrator
|
Join Date: Aug 2006
Location: Stellenbosch
Posts: 83
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
Het die week gehoor van iemand van die GPC dat ons resultate erken en op hulle stelsel gelaai was. Ons resultate verskyn ook nou op hul webwerf:
http://bigpumpkins.com/WeighoffSiteList.aspx?y=2008
Lyk vir my ons Pniel weigh-off was een van slegs twee weigh-off's in die suidelike halfrond vanjaar! (die ander een was in West Epsom, New Zealand)
0