South African Giant Pumpkin Discussion Forum

Reuse pampoene in Suid-Afrika

You are not logged in.

Announcement

Please login to view all boards and be able to reply.

Visit our website: www.pampoen.co.za for more info on growing giant pumpkins.

#1 Sep 18th 2009 4:57 pm

Johan
Administrator
From: Stellenbosch
Registered: Aug 12th 2006
Posts: 165
Website

Planttyd om die draai

Dit is nou amper weer tyd vir plant - maar sienende dat volgende jaar se kompetisie later plaasvind as gewoonlik (20 Maart 2010) sal ons ook seker later moet plant.

Baie mense het al by my kom vra wat is die beste tyd om te plant. Wel, vanaf die saailing uitplant word groei die plant vir so 60-70 dae voor jy bestuif. Dan le daar so 80-100 dae voor waarin die pampoenvrug groei (maar in Suid-Afrika se klimaat is dit gewoonlik 75-80 dae waarin die vrug groei). So die pampoen is dus reg om geoes te word 150-160 dae vanaf jy plant. Met volgende jaar se kompetisie wat 20 Maart plaasvind, sal ek aanbeveel dat daar vanjaar tussen 14-21 Oktober geplant moet word.

[Dit stem ooreen met Amerikaners wat gewoonlik 27/28 April plant vir hul inweeg wat so 2/3 Oktober plaasvind = 157 dae vanaf plant to oes.

Offline

 

#2 Nov 8th 2009 9:36 am

Drikus
Member
From: Sasolburg
Registered: Aug 27th 2006
Posts: 31

Re: Planttyd om die draai

Ons het gister hael gehaad en 2 van my plante is stukkend geslaan.Die stamme is oopgeslaan waar dit uit die grond kom. Ek het vandag die 08/11/2009 weer oorgeplant. Wat is die laaste datum om te plant? Ek weet die pampoen gaan nog nie uitgegroei wees vir die inweeg nie dus verloor jy op gewig maar die pampoene is ook geneig om oor te gaan op gewig.
Ek plant vanjaar ook `n squash en ek weet dit tel in `n ander kategorie kan dit ook ingeweeg word in die Kaap? Gaan dit ook tel vir die GPC?
Sterkte vir al die groeiers en mag 2009/2010 seisoen weer `n SA rekord oplewer aangesien die wereld rekord nou op 1725 pond staan.


Drikus Kleinhans
Sasolburg
SA

Offline

 

#3 Nov 14th 2009 2:03 pm

Johan
Administrator
From: Stellenbosch
Registered: Aug 12th 2006
Posts: 165
Website

Re: Planttyd om die draai

Jammer oom te hoor oor jou 2 plante. Soos ek hierbo geskryf het, dink ek die laaste datum wat jy nog kon plant was so 21 Oktober, maar ek het al baie gesien dat sommige pampoene in warm weer net so 60-70 dae groei in Suid-Afrika, en die meeste groei vind in elk geval plaas in daai tydperk, so moontlik is tot 5 November nog o.k. vir plant. Jou pampoen mag dalk nie dan sy maksimum gewig bereik nie, maar dalk naby daaraan kom.

Ons het ook baie vreemde weer die afgelope 2 weke gehad. Was baie koud en het baie reen gehad (ongewoon vir die tyd van die jaar hier in die Kaap).

So twee en 'n half weke gelede was daar 'n groot storm wat baie van my saailinge uit gewaai en beskadig het, soos hier berig was:
http://fto.co.za/news/massive-windy-sto … 15574.html
http://www.iol.co.za/index.php?set_id=1 … 828C638964

Ek sal bietjie meer daar oor skryf in die growers diary.


Drikus wrote:

Ek plant vanjaar ook `n squash en ek weet dit tel in `n ander kategorie kan dit ook ingeweeg word in die Kaap? Gaan dit ook tel vir die GPC?

Dit sal definitief tel. Ons sal weereens 'n GPC site wees volgende jaar, en solank ons die reels volg, kan daar ook 'n kategorie vir squash wees. Maar nie seker of dit sal tel vir prysgeld ens. nie.

Offline

 

Board footer

Powered by PunBB
© Copyright 2002–2005 Rickard Andersson