South African Giant Pumpkin Discussion Forum

Reuse pampoene in Suid-Afrika

You are not logged in.

Announcement

Please login to view all boards and be able to reply.

Visit our website: www.pampoen.co.za for more info on growing giant pumpkins.

#1 Sep 2nd 2006 4:33 pm

Drikus
Member
From: Sasolburg
Registered: Aug 27th 2006
Posts: 31

Wanneer om te plant

Wat is `n goeie tyd om die groot pampoen te plant in die Vrystaat? Ons het `n rypgevaar tot middel September.


Drikus Kleinhans
Sasolburg
SA

Offline

 

#2 Sep 3rd 2006 6:41 pm

Johan
Administrator
From: Stellenbosch
Registered: Aug 12th 2006
Posts: 163
Website

Re: Wanneer om te plant

Hallo Drikus. Hier op Stellenbosch plant ons gewoonlik so tussen 20 Sept - 15 Okt. As jy in ag neem dat die pampoene so 150 dae neem om te groei tot volwassendheid vanaf plant, en dat meeste kompetisies middel Maart volgende jaar plaasvind. Ek self gaan eers so 1 Okt se kant plant. Onthou net om in saailingbakkies te plant, met 'n goeie saailing mengsel of kompos. Die kanse vir ontkieming is dan baie beter. Verlede jaar hier by ons het baie groeiers direk in die grond geplant - en hul pitte het toe nie opgekom nie. Sien Boily se dagboek by www.bigpumpkins.com vir hoe dit gedoen word.

Offline

 

#3 Sep 8th 2006 7:43 pm

Drikus
Member
From: Sasolburg
Registered: Aug 27th 2006
Posts: 31

Re: Wanneer om te plant

Dankie vir die inligting Johan
Dit lyk my ek het te vroeg geplant. My eerste pampoen het nou net sy derde blaar uitgestoot. Die ander een moet nog opkom. Dit is die eerste keer dat ek probeer om die groot pampoene te plant en is baie opgewonde. My plek is baie  klein maar wie weet????? Ek het gewone pampoenpitte eers in `n houer met cocofibre geplant om dit uit te toets en dit het uitstekend gewerk. Sover werk dit vir die grotes ook goed. My grond se PH is ook nog hopeloos te hoog(PH 8). Hoe nou gemaak? Ek kort nog baie mis - enige iemand wat kan help in die omgewing? Sal natuurlik betaal.


Drikus Kleinhans
Sasolburg
SA

Offline

 

#4 Sep 11th 2006 10:48 pm

Johan
Administrator
From: Stellenbosch
Registered: Aug 12th 2006
Posts: 163
Website

Re: Wanneer om te plant

Drikus wrote:

Dit is die eerste keer dat ek probeer om die groot pampoene te plant en is baie opgewonde. My plek is baie  klein maar wie weet?????

Ek moet self se dit is baie opwindend - daar is geen ander vrug op aarde wat eens naby die groottes kan bereik - en om dit vir eerste keer te plant is regitg 'n belewenis. Oor jou plantplek: dit is deesdae die neiging om kleiner plante te groei. Meeste top groeiers oorsee laat hul plante nie groter as 600ft^2 word nie.  Dit is omtrent 60m^2. In die verlede het hulle plante van 1200-1500 ft^2 gegroei - maar kleiner plante is beter.

Drikus wrote:

My grond se PH is ook nog hopeloos te hoog(PH 8). Hoe nou gemaak?

Doen 'n search by Amerika se giant pumpkin mailing list archive by http://www.hort.net/lists/pumpkins/search.cgi vir die woorde "lowering ph". Lyk vir my swael werk goed vir hulle - sien ook:
http://hubcap.clemson.edu/~blpprt/bobweb/BOBWEB29.HTM

Offline

 

#5 Sep 23rd 2006 3:06 pm

Drikus
Member
From: Sasolburg
Registered: Aug 27th 2006
Posts: 31

Re: Wanneer om te plant

Johan dankie vir die pitte.
Ek het besluit om die 1127 Holland se spruit in my groter stuk grond te plant.
Ek verstaan die 1127 is lief om krake te kry maar dit is `n kans wat ek maar sal moet vat. My missisteem is op en dit werk soos `n bom. By ons Pick en Pay het ek `n timer gekoop vir R119 met 8 daaglikse verstellings wat ek vir 5 minute gestel het met 30 minute speling. `n Solenoid het my nog R107 gekos en `n 24volt supply nog `n verdere R88. Die pype en missproeiers was onder R100. Ek dink dit is regtig baie goedkoop want al my kwotasies sonder installeering was oor die R1000. Dit het my `n uur geneem om dit te installeer. Ek het sommer `n missproeier in my hothouse ook ingebring wat hom mooi afkoel en vogtig maak. Die missproeiers gebruik 7 liter water per uur. Dit maak nie baie nat nie maar koel die omgewing lekker af. Nou kan ons warm somer maar kom.


Drikus Kleinhans
Sasolburg
SA

Offline

 

#6 Sep 24th 2006 4:40 pm

Johan
Administrator
From: Stellenbosch
Registered: Aug 12th 2006
Posts: 163
Website

Re: Wanneer om te plant

Dit lyk my jy is goed voorbereid vir die seisoen. Dit is waar dat die 1127 Holland geneig is om krake te ontwikkel - moet dus maar veilig speel om nie te veel kunsmis gedurende groei toe te dien nie.  Een van Amerika se top groeiers, Jack LaRue (hy het in 2004 'n 1420 pond pampoen gegroei) het bv die volgende te se gehad ook kunsmistoediening:

"I have learned this, whatever you do be consistent. If you fertilize be consistent if you have not fertilized then do not. I do not fertilize during the growing season. I learned the hard way. In my experiences I found that whenever I fertilized during the growing season within a few days I had a lot of split pumpkins."

Hoeveel kunsmis (wateroplosbare kunsmis) jy toedien hang seker maar af van die kwaliteit van jou grond. As jou grondanalise wys die grond is goed, is dit seker nie nodig om te veel chemiese kunsmisse te gebruik nie. 'n Program van seaweed extract en fish emulsion behoort dan gebruik te word. Ek sal meer oor kunsmis skryf in my pampoengids vir 2006.

Drikus wrote:

Die missproeiers gebruik 7 liter water per uur. Dit maak nie baie nat nie maar koel die omgewing lekker af. Nou kan ons warm somer maar kom.

7 liter per uur is reg. Dit is baie belangrik dat die sprei baie fyn is. Ek het n groeier verlede jaar hier by ons gesien wat die verkeerde mister heads gebruik het. Was eintlik fyn spreiers. Die stelsel was reg opgestel - 5 min aan en 30min af siklusse wanneer dit warm is - maar die konstant natheid het groot skade aan die plant veroorsaak. Die regte mister heads se sprei is fyn genoeg sodat die plant nie nat sal word nie en net sal afkoel.

Offline

 

#7 Oct 7th 2006 7:09 am

Drikus
Member
From: Sasolburg
Registered: Aug 27th 2006
Posts: 31

Re: Wanneer om te plant

Dit is een van my twee plante. Die plant is in ou perdemis geplant en dit lyk geel. Is daar enige rede vir bekommirnis? Dalk `n tekort aan stikstof? Of is die mis dalk te sterk? Moet ek dit dalk oorweeg om oor te plant? Die ander plant is later geplant en lyk gesond.

http://www.pampoen.co.za/forum/uploads/thumbs/2_drikus_image1.jpg


Drikus Kleinhans
Sasolburg
SA

Offline

 

#8 Oct 8th 2006 8:35 pm

Johan
Administrator
From: Stellenbosch
Registered: Aug 12th 2006
Posts: 163
Website

Re: Wanneer om te plant

Ek dink die perdemis kan dalk te sterk wees. Dit is dalk beter om eerder 'n mengsel van ou perdemis en grond te gebruik. Hoeveel dae gelede het jy die plantjie oorgeplant? Dit vat 'n paar dae vir die wortelstelsel om te ontwikkel. Dalk kan jy nog oorplant - of die gat weer uitgrawe en met 'n "verdunde" mengsel volmaak. Ek dink nie die plantjie sal iets oorkom nie.

Offline

 

#9 Oct 28th 2006 9:28 am

Drikus
Member
From: Sasolburg
Registered: Aug 27th 2006
Posts: 31

Re: Wanneer om te plant

Johan

Ek dink jy was reg omtrent die uitplant. Die plant het heeltemal herstel. Die PH van die grond het ook afgekom vanaf 8 tot 7. (Ek hoop dit bly nou daar) Dalk het dit ook `n rol gespeel. Die plant het die ander een verbygegaan en lyk gesond. Ongelukkig het ons hael gehaad voor ek kans gehaad het om die plant ook toe te maak die ander pampoen was gelukkig reeds toegemaak met `n net.


Drikus Kleinhans
Sasolburg
SA

Offline

 

#10 Dec 3rd 2006 11:16 am

Drikus
Member
From: Sasolburg
Registered: Aug 27th 2006
Posts: 31

Re: Wanneer om te plant

My pampoen is nou so groot soos `n sokkerbal. Ek het die stam weggebuig vanaf die pampoen maar dit lyk my nie ver genoeg nie. Kan ek die pampoen skuif of moet ek die rank nog meer skuif. Ek is bang dit breek af. Die stam is baie dik.


Drikus Kleinhans
Sasolburg
SA

Offline

 

Board footer

Powered by PunBB
© Copyright 2002–2005 Rickard Andersson