Reuse pampoene in Suid-Afrika
You are not logged in.
Visit our website: www.pampoen.co.za for more info on growing giant pumpkins.





Inweeg
My persoonlike mening van inweegtye in die binneland is dat ons tyd van inweeg te laat gehou word. My ondervinding van pampoenplant is dat daar te veel peste is later in die jaar en meeldou wat die plante aanval. As die inweeg vroeer gehou word sal daar groter pampoene geweeg word. Australia se inweeg is in Februarie en hulle het groter pampoene as ons.
Offline
Drikus wrote:
My persoonlike mening van inweegtye in die binneland is dat ons tyd van inweeg te laat gehou word. My ondervinding van pampoenplant is dat daar te veel peste is later in die jaar en meeldou wat die plante aanval. As die inweeg vroeer gehou word sal daar groter pampoene geweeg word. Australia se inweeg is in Februarie en hulle het groter pampoene as ons.
Drikus, om terug te kom na jou bespreking oor inweegtye. Ek het bietjie my opinie verander daaroor en voel dat jy dat jy dalk 'n goeie punt kan hê. Veral na vanjaar se groei ervaring sal ek beslis vroeër plant volgende keer. Sal dalk eksperimenteer deur middel of vroeg September te plant. Ons kompetisie datums sal dan ook moet verander na vroeër. Ek sal dit met ons plaaslike groeiers bietjie bespreek.
Ons het vanjaar op 17 Okt geplant - wat effens laat was. Ek kon sien hoe die hoë temperature die groei affekteer. Deur vroeër te plant wanneer dit koeler is sal die plant hopelik meer gevestig wees teen vrugvorming.
Offline





Dankie Johan dat jy my sienswyse deel. Met 30jaar ondervindinng van gewone pampoen plant het ek hier in die Noord Frystaat het ek al baie misoeste gehaad as ek te laat plant. Pampoenvlieg se kind steek veral die jong pampoene vreeslik. Gesels maar met groot pampoenboere hulle sal almal vir jou vertel om net na die laaste ryp te plant. As jy meeldou kry is dit ook gewoonlik later in die groeiseisoen dan kan jou pampoen ook al groot genoeg wees en sal nie so `n groot invloed he op die pampoen se groei nie want dan is hy amper uitgegroei. Ek het ook vroeg geplant hierdie jaar en het meeldou gekry toe was my pampoene al amper uitgegroei. Het ek later geplant sou my pampoen amper die helfde kleiner gewees het.
Johan jy is reg oor die hitte ook. Jong plante hanteer hitte nie so maklik nie. As die plant ouer is kan hy makliker die hitte hanteer.
Ek gaan met die organiseerders van ons kompetisie ook praat vir `n vroere datum hier in die binneland.
Offline