South African Giant Pumpkin Discussion Forum

Reuse pampoene in Suid-Afrika

You are not logged in.

Announcement

Please login to view all boards and be able to reply.

Visit our website: www.pampoen.co.za for more info on growing giant pumpkins.

#1 Sep 2nd 2007 8:32 am

Drikus
Member
From: Sasolburg
Registered: Aug 27th 2006
Posts: 31

Beste Wense

Beste Wense

Nog `n pampoen groeiseisoen is op hande. Dit lyk my as die gogga you eers gebyt het dan los hy nie weer nie.

Ek wil net almal wat "Atlantic Giants " plant `n voorspeodige 2007/2008 groeiseisoen toewens.

Mag 2007/2008 groeiseisoen `n nuwe SA rekord oplewer.

Groete

Drikus Kleinhans

Groei hulle groot.


Drikus Kleinhans
Sasolburg
SA

Offline

 

#2 Sep 8th 2007 5:44 pm

Johan
Administrator
From: Stellenbosch
Registered: Aug 12th 2006
Posts: 163
Website

Re: Beste Wense

Moet se ek sien nogal uit na vanjaar se seisoen - veral nou dat Shoprite aanboord is. big_smile

Ek het die volgende pitte vroeŽr vanjaar van Michael Oliver van Amerika gekry:

Oliver 627# 2003 [Female: 1458 Whittier -  Male: 1225 Jutra]
Oliver 508# 2003 [Female: 1120 Jutra - Male: 1458 Whitter]
Malone/Oliver 779# 2006 [Female: 1229 Holland - Male: 1068 Wallace]
Oliver 463# 2002 [660 Castelluci x self]
Oliver 947# 2006 [Female: 1443 Palmer - Male: 854.5 Oliver]

Dit is seker van die beste pitte wat ek nou al gehad het - veral die Oliver 627 - met die gene van die voormalige wÍreld rekord 1458 Whittier in sy genepoel. Maar dit help niks jy het die beste pitte - maar die kondisies en voorbereiding is nie reg nie.

Ek sal seker net 3 pitte plant vanjaar - moontlik die Oliver 947# 2006, Malone/Oliver 779# 2006 en die Oliver 627# 2003. Drikus - wat plant jy vanjaar?

Offline

 

#3 Sep 22nd 2007 6:51 am

Drikus
Member
From: Sasolburg
Registered: Aug 27th 2006
Posts: 31

Re: Beste Wense

By my huis kan ek net 1 pampoen plant. `n Kwekery 8 km van my huis af het vir my ook `n stuk grond gegee om `n pampoen te plant. `n Goeie vriend het op `n plot vir my ook `n stuk grond gegee om op te plant. Ek het hopeloos te laat begin en nou is my grond nog nie heeltemal reg nie. Die mis wat ek wil inwerk is nog nie afgebreek nie. Ek kom so pas van `n Kaapse vakansie af wat niks bygedra het vir my pampoene nie. Die vriendelike Kapenaars het darem opgemaak daarvoor.

Die saad wat ek kan gebruik is: 1302 Zulke(1370 rose x 810Dill), 1250.5 Kline(1204 Kline x 670daigle), 745 Fredericks (1180 x self) en `n klomp van Polka 842(1225 Jutras x 1247Handy), Polka 750(1201Lawe X 1247 Handy) en nog ander saad.

Omdat my grond nog nie heeltemal reg is nie wil ek nie die saad mors nie. Ek dink daaraan om nie van my beste saad te gebruik nie. Sal hulle spaar vir volgende jaar.

Ek wag nog vir saad van Minasota in Amerika die pampoene groei nog en ons wil hul saad graag nog hierdie seisoen plant om te kan sien wat hul genetiese eienskappe is. Die meeste van hulle is oor die 1000lbs. Dit lyk of ek nie die saad betyds gaan kry nie. Die beplanning is om x2 keer per jaar die gene poel te ontwikkel. Die persone het gevra dat ek nie hul name mag noem nie.

Dus weet ek nog self nie wat om te plant vir die seisoen nie en wil nie graag goeie saad mors nie.


Drikus Kleinhans
Sasolburg
SA

Offline

 

#4 Oct 6th 2007 4:19 pm

Johan
Administrator
From: Stellenbosch
Registered: Aug 12th 2006
Posts: 163
Website

Re: Beste Wense

Drikus wrote:

Ek wag nog vir saad van Minasota in Amerika die pampoene groei nog en ons wil hul saad graag nog hierdie seisoen plant om te kan sien wat hul genetiese eienskappe is. Die meeste van hulle is oor die 1000lbs. Dit lyk of ek nie die saad betyds gaan kry nie. Die beplanning is om x2 keer per jaar die gene poel te ontwikkel. Die persone het gevra dat ek nie hul name mag noem nie.

Dink jy so iets kan werk? Dit klink na 'n goeie idee - maar aangesien Amerikaners eers hul weigh-offs het begin Okt - sal jy dan eers die pitte kan plant teen so begin November. (pitte moet gedroog en gestuur word)

Offline

 

#5 Oct 7th 2007 3:04 pm

Drikus
Member
From: Sasolburg
Registered: Aug 27th 2006
Posts: 31

Re: Beste Wense

Johan

Jy is reg die tyd sal uitloop as ek moet wag tot einde Oktober begin November. Ek sal moet plant solank wat ek het. Ek het so ver "back up`s" geplant. As ek die saad betyds kry sal ek die swakste plant (of plante) uithaal. Dit is net moontlik dat ons kan sien wat gaan gebeur met die AG gene. Met 5 plante wat al reeds verlede jaar se rekord gebreek het wil die Amerikaners graag weet watter gene om te plant en al hoe hulle dit gaan weet is as ons hulle help. Ek het intussen geplant maar nie my die beste saad nie.  Net tyd gaan ons leer wat om te doen.

Groete


Drikus Kleinhans
Sasolburg
SA

Offline

 

#6 Aug 17th 2008 7:38 pm

Drikus
Member
From: Sasolburg
Registered: Aug 27th 2006
Posts: 31

Re: Beste Wense

Voorspoed met die nuwe AG's groeiseisoen.

Ek wil weereens vir almal wat hierdie groeiseisoen 2008/2009 AG's gaan plant  voorspoed toewens. Hoekom kan ons nie probeer vir 500kg nie? Ek dink nog steeds SA het die regte weer om dit reg te kry. Hier in Sasolburg het ek baie mense aangesteek en hulle gaan nou almal probeer.

Groei hulle groot.

Groete

Drikus


Drikus Kleinhans
Sasolburg
SA

Offline

 

#7 Jan 3rd 2009 7:42 pm

Drikus
Member
From: Sasolburg
Registered: Aug 27th 2006
Posts: 31

Re: Beste Wense

Hi Almal

Met ons pampoen seisoen in volle swang wil ek net almal `n voorspoedige nuwe jaar toewens en groei hulle groot. Kom ons laat weet hoe gaan dit met julle pampoene die jaar. Billy hoe gaan dit met jou pampoene? Ek sien julle kry goeie reen in die Kaap dus hoop ek jy gaan `n groot pampoen groei onthou as julle reen kry dan kry ons geen reen nie. Die droogte maak ons dood. Baie warm en geen reen het my pampoene begin stadiger laat groei. Het darem my 1ste pampoen oor 200kg. Hoop hy kan hou om my weer Kaap toe te laat gaan. Ek het lekker gekuier daar verlede jaar.

As dit by AG`s pampoen kom tel grootte.

Sterkte almal

Groete


Drikus Kleinhans
Sasolburg
SA

Offline

 

#8 May 24th 2009 8:12 pm

Drikus
Member
From: Sasolburg
Registered: Aug 27th 2006
Posts: 31

Re: Beste Wense

Aan al die SA groot pampoen groeiers.
Nou is die regte tyd om te begin met die grondvoorbereiding vir volgende jaar se pampoen seisoen. Hou die grond klam sodat die bakterie nie doodgaan nie. Werk jou mis of kompos nou al in op die oppervlak waar jy wil groei en plant dan die hele oppervlak met iets groen soos ertjies en werk hulle heeltemal in die grond in sodat dit die broodnodige stikstof vir you pampoen plant kan voorsien. Neem `n grondmonster en stuur dit vir ontleding. Die labatorium sal jou dan met die uitslag help met die tekorte as daar is. Die belangrikste is seker die PH. Dit moet tussen 6.5 en 7.5 wees. Kyk ook na die CEC. Dit is die ione uitruiling wat die grond het om die kos oor te dra na die plant se wortels. As dit laer as 6 is dan moet meer kompos of ou mis ingewerk word dit help om die telling hoer te kry. Hierdie tyd van die jaar is baie belangrik en die harde werk sal beloon word met die volgende groeiseisoen. As daar nog vrae is plaas dit op die forum ek glo iemand sal kan help.
Sterkte met die grondvoorbereiding.


Drikus Kleinhans
Sasolburg
SA

Offline

 

#9 May 31st 2009 12:41 pm

Johan
Administrator
From: Stellenbosch
Registered: Aug 12th 2006
Posts: 163
Website

Re: Beste Wense

Hallo Drikus, baie dankie vir jou goeie advies. Ek stem heeltemal saam dat die voorbereiding wat jy nou doen (tussen April-Mei) uiters belangrik is, en later sal bepaal hoe goed jou plante doen wanneer planttyd kom in September/Oktober.

Groeiers soos Joe Jutras (huidige wÍreldrekordhouer) en Ron Wallace (vorige wÍreldrekordhouer) werk gedurende die tyd 'n besonderse klomp kompos en mis in. Ek sal bietjie meer hieroor skryf in 'n nuwe topic wanneer ek 'n kans kry. Hulle grond is dan al reeds van so 'n goeie gehalte wanneer hulle plant, dat hulle minimale hoeveelheid kunsmis gebruik - maar net so nou en dan 'n bietjie kelp en fish emulsion.

En soos jy sÍ Drikus, 'n grondtoets behoort vir jou te sÍ wat daar in die grond benodig word sodat jy die nodige aanvullings kan maak. Ek sal die grondtoets resultate van een van die top groeiers hier op die forum plaas wanneer ek 'n kans kry as 'n verwysing.

Offline

 

Board footer

Powered by PunBB
© Copyright 2002–2005 Rickard Andersson