Reuse pampoene in Suid-Afrika
You are not logged in.
Visit our website: www.pampoen.co.za for more info on growing giant pumpkins.
Johan
Administrator
|
Join Date: Aug 2006
Location: Stellenbosch
Posts: 83
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
Volgende jaar se Shoprite Checkers groot pampoen kompetisie sal saam met Boland Landbouskool se oesfees plaasvind - op Boland Landbouskool se gronde (geleë tussen Paarl en Wellignton), Saterdag 7 Maart 2009.
Prysgelde sal dieselfde wees as met verlede jaar se kompetisie: 1ste prys: R10 000 ; 2de: R5000 ; 3de: R2000.
Freshmark het laat weet dat enige iemand in die land weereens kan inskryf vir die kompetisie. Belangstellendes kan registreer deur die volgende aanlyn registrasie vorm in te vul:
Kompetisie registrasie vorm
Hoe die oorspronklike inskrywingsvorm gelyk het:
![]()
Afr. Eng.
Let net op dat pitte nie afgelewer sal word met aanlyn registrasies nie. As jy nog nie pitte het nie, stuur vir my 'n epos en ek sal dan vir jou 'n paar goeie pitte stuur. Die laatste wat jy nog kan plant is einde Oktober.
Kwekersgids
Hier is 'n kwekersgids (groei instruksies) wat ek vir Freshmark opgestel het - wat met alle inskrywingspakkies ingesluit was.
instruksies.doc 41 KB
0
Johan
Administrator
|
Join Date: Aug 2006
Location: Stellenbosch
Posts: 83
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
Net om te bevestig, hier is die besonderhede vir vanjaar se Shoprite Checkers groot pampoen kompetisie:
Plek: Hoër Landbouskool Boland, Paarl
Wanneer: Saterdag, 7 Maart 2009 om 08h00
Program:![]()
08h00
Verkopings begin: Vleis, groente, vrugte, ens.
Registrasie vir pampoen kompetisie
09h00
Toutrek kompetisie
Wyn expo
Gimkana demonstrasie
Pampoen aktiwiteite
09h30
Boere Ontbyt (Prys: R40)
10h00
Musiek: Die Campbells
Pampoenkaskenades
Iets om te drink in die markiestent
Besigtig stalletjies
Deel in die pret
Kitskos te koop
13h00
Aankondiging van die Pampoen Kampioen
13h15
Hoër Landbouskool Boland veiling in markiestent
Aanwysings:![]()
Kiek hier vir 'n Google Maps kaart.
Last edited by Johan (Feb 28th 2009 8:17 am)
0
Erna
Resident One Post Wonder
|
Join Date: Feb 2009
Posts: 1
![]() |
Beste Johan,
Gaan ons een of ander tyd die inskeryings en gewigte van Saterdag se pampoenkompetisie op die webwerf kry?
Pamoengroete,
Erna Swanepoel
0
Johan
Administrator
|
Join Date: Aug 2006
Location: Stellenbosch
Posts: 83
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |
Hallo Erna
Ek sal voor die einde van die week die forum opdateer met al die resultate van die naweek se pampoen kompetisie. Bly jy kon daar wees - en geluk met jou 97kg!
0