South African Giant Pumpkin Discussion Forum

Reuse pampoene in Suid-Afrika

You are not logged in.

Announcement

Please login to view all boards and be able to reply.

Visit our website: www.pampoen.co.za for more info on growing giant pumpkins.

#1 Sep 12th 2011 6:11 pm

Johan
Administrator
From: Stellenbosch
Registered: Aug 12th 2006
Posts: 165
Website

Shoprite Checkers groot pampoen kompetisie 2012

Hier is die eerste brief rakende die Shoprite Checkers Groot Pampoen kompetisie 2012 wat uitgestuur was vanjaar. Pitte kan verkry word vanaf Chantell Victor (sien hieronder).

-------

http://www.pampoen.co.za/forum/uploads/2_groot_pampoen_kompetisie.jpg

Geagte GROOT PAMPOEN entoesias

Kan jy glo ‘n jaar is al verby en ja…. Dis alweer tyd vir die uitrol van die Groot Pampoen kompetisie.
Ek glo na die sukses en opgewondenheid rondom verlede jaar se kompetisie het jy al lankal begin dink waar die pampoen die jaar geplant gaan word, hoe jy vanjaar tewerk sal gaan om ‘n nog groter pampoen te kweek ens. Daar is immers ‘n “plaas” se geld te wen vir die swaarste pampoen…

Die brief kondig die afskop van die 2012 Shoprite Checkers Groot Pampoen kompetisie aan.
As u sou belangstel om in te skryf kontak asb vir Chantell Victor. Sy sal u deur die registrasie proses vat-

Haar kontak besonderhede is:
[You must login to view hidden text.]

Slegs pampoene van diegene wat registreer het, sal in 2012 kwalifiseer vir die kompetisie.
Op die stadium gaan die kompetisie op Saterdag 10/17 Maart 2012 by Checkers Hyper Fairbridge Mall gehou word.

Skud jul vere reg, laat weet jul vriende en familie – ons moet al begin Oktober begin pitte plant

Groete

Pieter van Zyl
General Manager Procurement
Freshmark a division of Shoprite Checkers (Pty) Ltd



HOE REGISTRASIE WERK

1. Jy is gek oor pampoen
2. Jy besluit om jou eie pampoene te kweek
3. Jy is bereid om R30 te betaal vir Die Groot Pampoen Kompetisie kwekerspakkie. Registrasie is beperk tot een kwekerspakkie per persoon.
4. Jy doen ‘n elektroniese oorbetaling of ‘n kontant by aflewering by Freshmark Hoofkantoor– verwysing indien elektroniese oorbetaling – Shoprite Checkers Groot Pampoen Kompetisie
5. Jy kollekteer jou kwekerspakkie by Freshmark Hoofkantoor in Brackenfell met ‘n
stap-vir-stap inligtingsblaadjie, instruksies en jou sewe pampoenpitte.
6. Jy verseker dat jy jou pitte gedurende die pampoen-plantseisoen in Oktober plant.
7. Jy sorg dat jou pampoentuintjie die nodige sorg en aandag kry en geniet die wonder
van die natuur wanneer jou pampoene begin groei.
8. In 2012 kan jy self besluit of jou pampoen groot genoeg is vir die kompetisie
9. Die kompetisie vind plaas middel Maart 2012
10. Inskrywingsvorm kan gekry word die dag van die kompetisie
11. Vir die res sal ons maar wag en kyk wat gebeur met die Groot pampoene.
12. Daar is Groot Pryse op die spel!

Offline

 

#2 Oct 11th 2011 1:19 pm

Johan
Administrator
From: Stellenbosch
Registered: Aug 12th 2006
Posts: 165
Website

Re: Shoprite Checkers groot pampoen kompetisie 2012

Hallo jan, jy kan vir Chantell Victor van Shoprite kontak oor die bank besonderhede. Haar kontak besonderhede verskyn hierbo. Let wel dat jy ingeteken moet wees op die forum vir dit om vertoon te word.

Offline

 

#3 Feb 15th 2012 5:25 pm

Johan
Administrator
From: Stellenbosch
Registered: Aug 12th 2006
Posts: 165
Website

Re: Shoprite Checkers groot pampoen kompetisie 2012

So 'n bietjie nuus oor vanjaar se Shoprite Checkers groot pampoen kompetisie:

Die Shoprite Checkers groot pampoen kompetisie 2012 gaan plaasvind op Saterdag 17 Maart vanaf 09h00 tot 13h00 by die Fairbridge Mall se parkeer area in Brackenfell.

http://www.pampoen.co.za/forum/uploads/2_grootpampoen2012.png

Shoprite Checkers het ook onlangs 'n nuwe webwerf opgerig met besonderhede oor vanjaar se kompetisie. Hier is die adres:
http://www.grootpampoen.co.za/

Offline

 

Board footer

Powered by PunBB
© Copyright 2002–2005 Rickard Andersson