Reuse pampoene in Suid-Afrika
You are not logged in.
Visit our website: www.pampoen.co.za for more info on growing giant pumpkins.
Hi Almal;)
Hoe lyk julle pampoene die jaar? Sterkte veral met die weer wat ons deesdae het. Hier in die noord OVS is dit droog. Ek hoor daar onder in die Kaap is die weer ook deurmekaar. Ek het baie gesukkel om weer terug te kom in die forum maar ek is terug. Johan my pampoen staan presies op dieselfde plek toe jy hier was. Ek hoop hy kan net so groot word soos die een wat onder gegaan het in 2009. Ja die tyd loop nou uit. Hoop ek sien al die mooi Kapenaars weer die 17 de Maart. My pampoen is nou op 201kg. Lyk my die nuwe organiese program werk baie goed.
Baie liefde en groete
Sterkte met die pampoen seisoen.
Drikus
Offline
Hallo Drikus, bly om te hoor dat jou pampoen so goed doen vanjaar. Reeds 200kg op wat ek skat moet seker dag 35 wees! Hoop jy kom binnekort by 400kg uit. Hoe vergelyk die plant se groei met die knewel wat jy gegroei het in die 2008/2009 seisoen?
DKSA wrote:
Lyk my die nuwe organiese program werk baie goed.
Vertel ons bietjie meer oor jou nuwe organiese program. Ek het 'n tydjie terug eintlik opgelees oor die nuutste tegnieke wat gebruik word. Sover ek weet sluit die organiese program maar blaarvoeding van fish emulsion en seeweed extract, molasse, kompos tee en toediening van mycorrhiza in.
Offline