South African Giant Pumpkin Discussion Forum

Reuse pampoene in Suid-Afrika

You are not logged in.

Announcement

Please login to view all boards and be able to reply.

Visit our website: www.pampoen.co.za for more info on growing giant pumpkins.

#1 Sep 10th 2007 7:16 pm

Johan
Administrator
From: Stellenbosch
Registered: Aug 12th 2006
Posts: 165
Website

1468 lb in Augustus!

Ek het onlangs gelees van hoe Joe Richards van Crete, Amerika by een van die vroeŽre kompetisies in Amerika vanjaar op 18 Aug 'n 1468 lb pampoen ingeweeg het. Dit is blykbaar die 3rde swaarste pampoen ooit - met die wÍreld rekord op 1502 lb wat opgestel was verlede jaar in Rhode Island, Amerika.

Joe het blykbaar begin pampoene groei so 6 jaar gelede nadat iemand hom uitgedaag het - en sy eerste pampoen het toe maar slegs so 40 lb geweeg.

Sy vrou Tracy het die volgende te se gehad oor sy stokperdjie:

"We've been lucky this year," Tracy Richards said.  "Joe is very meticulous and watches every detail of the pumpkin.  He puts a blanket over it and mists it.  It's like a very high-maintenance child!"

Sy 1468 lb pampoen het tot 40 lb per dag gegroei op sy piek. Wat ek nogal interessant vind is die feit dat hy so vroeg geplant het - en steeds 'n grote kon groei. Hy het op 1 April geplant, 'n hele maand vroeŽr as gewoonlik. Ek beplan juis om baie vroeŽr te plant vanjaar. Destyds het ek tussen 1 en 15 Okt geplant, maar gevind dat die hitte my vang later in die seisoen.

Offline

 

Board footer

Powered by PunBB
© Copyright 2002–2005 Rickard Andersson