South African Giant Pumpkin Discussion Forum

Reuse pampoene in Suid-Afrika

You are not logged in.

Announcement

Please login to view all boards and be able to reply.

Visit our website: www.pampoen.co.za for more info on growing giant pumpkins.

#1 Apr 14th 2007 8:18 am

Johan
Administrator
From: Stellenbosch
Registered: Aug 12th 2006
Posts: 165
Website

AGRO-K Feeding Schedule

Ek het die eerste keer van die AGRO-K kunsmis program gehoor toe ek Ben Boynton se pampoen dagboek gelees het op bigpumpkins.com. AGRO-K is 'n Amerikaanse maatskappy wat 'n hele paar Amerikaanse giant pumpkin weigh-ins borg - en hulle het hierdie voedingsskedule ontwikkel (meestal blaarvoeding) spesiaal vir reuse pampoene. Dit is al met groot sukses gebruik - Dit het vir onder meer Ben Boynton gehelp om die Australiese rekord van 512kg (1128.7lb) te groei gedurende die 2005/2006 seisoen.

Plante waarop die AGRO-K spuitprogram gebruik word - is glo ook baie gesonder en meer bestand teen siektes en plae.

Ek kontak toe die maatskappy onlangs om uit te vind of hulle 'n verspreider het in Suid-Afrika het. 'n Paar dae later hoor ek dat hulle wel een het - glo op my voorstoep, in die Paarl (ek is van Stellenbosch). Die verspreider is Agro-Hytec - en hul website adres is: http://www.agrohytec.co.za/

Hulle het vir my twee dokumente aangestuur:

AGRO-HYTEC SPRAY PROGRAM FOR GIANT PUMPKINS (dieselfde program wat in Amerika gebruik word - net omgeskakel na milliliters) - 21KB

Agro-K's Product Line for Giant Pumpkins - 2.60MB (right click om te save)

Om meer uit te vind oor die Agro-K spuit program vir reuse pampoene, gaan na Agro-K USA se webblad hier.

Ek gaan volgende week probeer uitvind van kostes en beskikbaarheid van al die produkte wat in die program gebruik word. Ek is nogal opgewonde dat Agro-K in SA is - sal beslis van die program wil gebruik maak.

Offline

 

#2 Nov 3rd 2007 6:24 pm

Johan
Administrator
From: Stellenbosch
Registered: Aug 12th 2006
Posts: 165
Website

Re: AGRO-K Feeding Schedule

Vanjaar maak ek, ons buurman Mark Nel, en Mario Williams gebruik van die Agro-K program vir reuse pampoene.  Ek het verlede week die produkte gaan optel by Agro-Hytec in Groot Drakenstein (naby Paarl) - die verskaffer van Agro-K produkte in Suid-Afrika. Hulle het vir my die verskillende produkte verpak in 2 liter hoeveelhede. Het ook vir my 'n spul produk brosjures en selfs 'n Agro-K pet saamgegee!

http://www.pampoen.co.za/forum/uploads/2_agrok.jpg

Ek was ook in kontak met Craig Lembke van C&J Products in Amerika - wat die 'Agro-K giant pumpkin feeding program' opgestel het. Hy het vir my laat weet dat van vanjaar se grootste pampoene gegroei was met die Agro-K program:


Craig Lembke wrote:

the products  have out preformed all other fertlizer for the last 7 years -and has done well again this year with helping and being apart of the following monster-----> the mckie 1.631-and others--1.556 wener and others---1.524 liggett and others 1.521 razo and others---1.405 bober and others 1.354 sundstrom--the list goes on and on-----

Hier is Mark en Mario se produkte - nadat ek dit verpak het in 500ml bottels.

http://www.pampoen.co.za/forum/uploads/2_agrok2.jpg

Die koste vir elke groeier is R400 vir 13x500ml hoeveelhede van al die produkte. Die Agro-K webblad s dat 1 liter van al die produkte genoeg vir 1-2 plante sal wees vir die hele seisoen. Maar ek het egter opgemerk dat seker produkte minder as ander gebruik word - wat meen dat die koste eintlik effens minder sal wees. 

Hier is die verskillende produkte, met die aantal kere wat elk deur die loop van die seisoen toegedien word (behoort vir jou 'n aanduiding te gee van hoeveel produk jy gaan benodig):

42    Symspray (foliar)
25    5.2.2 Fish (foliar)
16    VCP (foliar)
14    Molasses (ground)
15    9:8:7 (24) (foliar)
10    Vigor-cal (foliar)
5    Calcium Dextro (foliar)
4    KDL (foliar)
3    3:8:15(26) (foliar)
3    Micro-nutrients (foliar)
2    Symbex (ground)
2    Zinc (foliar)
1    Symbooster (ground)

Let wel: jy gaan meer van die produkte nodig h wat op die grond toegedien word (groter area om te dek). Die meng konsentrasies moet ook in ag geneem word. Bv Symbex word in 'n relatiewe ho konsentrasie met water gemeng.

Agro-K Feeding Schedule - weergawe 1 (2007-11-10) - aangepas vir Suid-Afrika, met produkte wat beskikbaar is by Agro-Hytec, en SA eenhede

Agro-K produk pryse - beskikbaar by Agro-Hytec

Last edited by Johan (Nov 10th 2007 2:22 pm)

Offline

 

Board footer

Powered by PunBB
© Copyright 2002–2005 Rickard Andersson