South African Giant Pumpkin Discussion Forum

Reuse pampoene in Suid-Afrika

You are not logged in.

Announcement

Please login to view all boards and be able to reply.

Visit our website: www.pampoen.co.za for more info on growing giant pumpkins.

#1 Feb 4th 2007 11:13 am

Drikus
Member
From: Sasolburg
Registered: Aug 27th 2006
Posts: 31

Lifting Tarp

Hulp nodig met `n pampoen optel toestel

Kan iemand my raad gee oor die grootte van `n "Lifting Tarp" en die hoeveelheid handvatsels. Ek beplan om een self te bou. Ek sien in ander lande word `n ring gebruik maar ek het nie spasie daarvoor nie. Hoe word die pampoene afgelaai by SA se inweegpunte of moet jy self sorg daarvoor? Kan ek hom op `n hout pallet plaas op my bakkie? As my pampoen gaan hou wil ek hom graag by Pretoria gaan inweeg.

Last edited by Drikus (Feb 4th 2007 11:24 am)


Drikus Kleinhans
Sasolburg
SA

Offline

 

#2 Feb 5th 2007 12:43 pm

Johan
Administrator
From: Stellenbosch
Registered: Aug 12th 2006
Posts: 165
Website

Re: Lifting Tarp

Drikus wrote:

Kan iemand my raad gee oor die grootte van `n "Lifting Tarp" en die hoeveelheid handvatsels. Ek beplan om een self te bou. Ek sien in ander lande word `n ring gebruik maar ek het nie spasie daarvoor nie. Hoe word die pampoene afgelaai by SA se inweegpunte of moet jy self sorg daarvoor? Kan ek hom op `n hout pallet plaas op my bakkie? As my pampoen gaan hou wil ek hom graag by Pretoria gaan inweeg.

Ons rol gewoonlik ons pampoen op 'n seil en lig dan die seil. Sorg net dat jy genoeg mense het om te help. Met ons 304kg (2003) pampoen moes daar 6 mense help lig! Ons gebruik nie enige spesiale instrumente nie.

My advies om te sorg dat jou pampoen hou vir die kompetisie in Pretoria op 25 Maart: los die pampoen so lank as moontlik aan die rank. Eers as die pampoenplant dood gaan kan die pampoen afgehaal word en in 'n koel plek bewaar word - waar dit geen direkte sonkontak sal kry nie. Ons 304kg pampoen het destyds vir maande in ons plaaslike Checkers tak op vertoon gestaan - waar die temperatuur lekker koel gehou word (omtrent 19-20 C).

Offline

 

#3 Feb 10th 2007 1:48 pm

Drikus
Member
From: Sasolburg
Registered: Aug 27th 2006
Posts: 31

Re: Lifting Tarp

Johan dankie vir die raad. Ek het toe `n "lifting tarp" gebou. Daar is omtrent 12 handvatsels aan en ek dink hy kan `n ton+ optel. Ek het veilighheidsgordel materiaal gevat en al in die rondte van `n ultra sterk skadunet wat ek eers dubbel gevou is gewerk. Toe om net seker te maak het ek nog twee stukke dwars vasgewerk. Ek het my pampoen vanoggend opgetel daarmee. Groot sukses. Ek wou hom toe gaan weeg het maar die skrootyster handelaar was reeds toe. Ek was baie teleurgesteld. As iemand my "tarp" wil leen is julle welkom.


Drikus Kleinhans
Sasolburg
SA

Offline

 

Board footer

Powered by PunBB
© Copyright 2002–2005 Rickard Andersson