South African Giant Pumpkin Discussion Forum

Reuse pampoene in Suid-Afrika

You are not logged in.

Announcement

Please login to view all boards and be able to reply.

Visit our website: www.pampoen.co.za for more info on growing giant pumpkins.

#1 Mar 20th 2007 8:54 am

Johan
Administrator
From: Stellenbosch
Registered: Aug 12th 2006
Posts: 165
Website

Pniel weigh-off results 2007

Mario Williams

Mario Williams van Kylemore (langs Pniel) is seker die land se mees ervare reuse pampoengroeier. Terug in 1997 toe die Pniel Pampoenplantersvereniging (PPV) tot stand gekom het, het Mario al begin om vir homself 'n naam te maak as 'n top groeier. Vanaf 1999 tot nou het hy al 'n ongelooflike 11 pampoene gekweek oor die 150kg - meer as enige ander groeier in Suid-Afrika. Sy swaarste was 203kg, gegroei in 2002. Hy het dit reggekry om jaar na jaar as die wenner van die plaaslike pampoenkompetisie weg te stap. So almal se oŽ was vanjaar weereens gerig op Mario om te sien of hy dit weer vanjaar sou kon regkry. Maar die keer was daar meer kompetisie verwag, aangesien die PPV verlede jaar besluit het om hul kompetisie uit te brei en die hele Boland streek te betrek - so het die Boland Giant Pumpkin Growers Association (BGPGA) tot stand gekom.

Die Goosens

Alta en Pietie Goosen van Stellenbosch het verlede jaar gehoor van ons kompetisie en besluit om die uitdaging aan te pak. Hulle is immers groente boere in die area - so hul vordering was met groot afwagting dopgehou. Hulle het twee plante gegroei - die 1127 Holland offspring en die 949 Cramer offspring - saailinge wat ek aan hulle voorsien het. Teen 9 Feb vanjaar, was dit duidelik dat hulle 'n grote oppad het. Dit het teen die tyd al 113" in omtrek (vir 'n beraamde gewig van 161kg) gemeet.

http://www.pampoen.co.za/forum/uploads/2_0005.jpg
9 Feb - 113 duim

Ons buurman Mark Nel, het self 'n grootte aan die kom gehad - met 'n omtrek van 120" op 9 Feb. Die pampoen was egter heelwat platter en slegs geskat op so 130kg.

http://www.pampoen.co.za/forum/uploads/2_0003.jpg
Mark Nel se pampoen

Twee weke voor die kompetisie

Alta Goosen se pampoen het nou omtrent sy maksimum grootte bereik - met 'n omtrek van 117.5" (geskat op 175kg). Hulle is nog vol hoop dat dit nog sal groei - alhoewel ek hulle verseker dat die donker oranje kleur van die pampoen aandui dat volwassenheid bereik is. Dit was egter verbasend om te sien hoe welig hul plante nog was. Teen die tyd was al my plante al basies dood!

http://www.pampoen.co.za/forum/uploads/2_0008.jpg
Plante steeds welig en groen in Maart!

Het ook by Mario gaan inloer. Mario het dit weereens reggekry om 'n monster vanjaar te groei (in die omgewing van so 180kg). Hy het die pitte gebruik van my 2003 se 304kg pampoen. Lyk vir my nou soos 'n tweestryd tussen Alta en Mario vanjaar. Maar moet nie vergeet van Freddie Simpson nie!

Freddie Simpson

Freddie Simpson van Pniel is die afgelope paar jare die organiseerder van die PPV (nou die BGPGA) se jaarlikse pampoenkompetisie. Hy is ook al 'n ervare groeier en het al 6 pampoene gegroei oor 100kg - waarvan die grootste 137kg was - in 2002. Vanjaar was 'n goeie jaar vir hom - lyk definitief of hy sy persoonlike beste sal verbeter.

http://www.pampoen.co.za/forum/uploads/2_0017.jpg
Freddie se pampoentuin

http://www.pampoen.co.za/forum/uploads/2_0015.jpg
Hier is 'n trotse Freddie by sy grootste pampoen

Kompetisiedag - 17 Maart 2007

Die dag het uiteindelik aangebreek - en almal moes hard swig om hul pampoene by die kompetisie uit te kry. Jy kort beslis die hulp van 'n paar mense se hande om die groot pampoen op jou bakkie te laai.

http://www.pampoen.co.za/forum/uploads/2_0048.jpg
Al die pampoene is nou hier en ons wag vir die inweeg om te begin

http://www.pampoen.co.za/forum/uploads/2_0077.jpg

http://www.pampoen.co.za/forum/uploads/2_0061.jpg
Jean-Marc Nel, Mark Nel se seun (links) en vriend poseer vir 'n foto

Jean-Marc en Mark Nel se grootste pampoen kon ongelukkig nie by die kompetisie wees nie. Mark het gevoel dit staan nie 'n kans nie en het dit na die Karoo gestuur! Hulle het egter wel een van hul kleiner pampoene daar gehad vir die sports.

http://www.pampoen.co.za/forum/uploads/2_0079.jpg
'n Paar sterk manne besig om die pampoene na die skaal te dra

http://www.pampoen.co.za/forum/uploads/2_0095.jpg
Freddie teken die gewigte aan in sy boek

Die pampoene was ingeweeg in die volgorde van kleinste pampoen eerste. Die laaste 3 pampoene wat ingeweeg was, was van Freddie, Mario en Alta. Freddie se pampoen het toe die skaal op 164kg tot stilstand laat kom vir 'n nuwe persoonlike beste. Mario se pampoen het ingeweeg op 191.5kg - sy tweede swaarste pampoen ooit. Hy was eintlik verstom - het nie so 'n swaar gewig verwag nie. Alta Goosen se pampoen was laaste ingeweeg - die groot oomblik: 194kg! Ons nuwe Boland kampioen! En net 2.5kg tussen haar en Mario!

http://www.pampoen.co.za/forum/uploads/2_0090.jpg
Die wenner, Alta Goosen by haar wen pampoen. Langs haar sit Jonathan Malan op sy pampoen wat prys vir die 'Mooiste pampoen' gewen het.

http://www.pampoen.co.za/forum/uploads/2_0099.jpg
Alta en Mario

http://www.pampoen.co.za/forum/uploads/2_0087.jpg
Pryse word uitgedeel

http://www.pampoen.co.za/forum/uploads/2_0104.jpg
Mario is nog vol moed - sal volgende jaar terugkom met mening!

Hier is die volledige resultate van die kompetisie:

Plek - Deelnemer - Kom van - Gewig [kg]
1    Alta Goosen    Stellenbosch    194
2    Mario Williams    Kylemore    191.5
3    Freddie Simpson    Pniel    164
4    Mario Williams    Kylemore    162.5
5    Mario Williams    Kylemore    123.5
6    Freddie Simpson    Pniel    110
7    Johan Jooste    Stellenbosch    107
8    Freddie Simpson    Pniel    103
9    Mario Williams    Kylemore    93
10    Johan Jooste    Stellenbosch    91
11    Vriesenhof Wine Farm     Stellenbosch    80
12    Jonathan Malan        79.5
13    Jean-Marc Nel    Stellenbosch    67.5
14    Bennie Arnold        53

Prys vir Mooiste pampoen: Jonathan Malan
Prys vir Lelikste pampoen: Mario Williams

Last edited by Johan (Apr 5th 2007 7:26 pm)

Offline

 

Board footer

Powered by PunBB
© Copyright 2002–2005 Rickard Andersson